Dit het als begin toe my model vriend (en ja, ek bedoel nou catwalks en perfekte hare) my voorstel aan sy model-meisie..... Die ultimate uber-couple, as jy wil.Nou ek het al baie meisies in my lewe ontmoet, en vind dat meeste eintlik nice is. Nie hierdie een nie. Nee, sy is ietwat onaangenaam.
Maar hoekom voel ek dan so 'n tikkie jaloesie?Is dit omdat sy lyk asof sy nou net uit Cosmo se blaaie geklim het, bene wat (ek sweer) tot by haar kieliebakke gaan, hare wat lyk of dit konstant deur 'n personal stylist in plek gehou word en vel wat 'n baba op jaloers sal wees.
Of omdat sy, in vandag se society, as die ideal gesien word.
As ek hoor 'n vriendin se sy verpes haar bingo-wings of groot heupe, is ek altyd die eerste een wat se sy moet vergeet van daai plastiek poppe in die tydskrifte en haar figuur 'embrace', maar hoekom is dit so moeilik om my eie advies te volg? Miskien oor die obvious perks wat gepaardgaan met bogenoemde ideal: Almal wil jou maaikie wees; al die ouens wil meer as jou maaikie wees; agentskappe raap jou op want jy kan 'n aartappel sak dra en dit laat goed lyk, dus maak jy nou geld deur basies niks te doen nie; jy is socially acceptable.
Maar miskien was ek ook dan so "onaangenaam".........

No comments:
Post a Comment