Watter meisie smag nou nie na daai 'perfekte' oukie nie?
Of hy nou bietjie bleek is en miskien in die son skitter,
of die muso is wat in touch is met sy sensitiewe kant,
of dalk die slow motion, wave-jumping Mitch Buchannon (hey, I don't judge!) ?
Hierdie soektog na die elusive dreamboat gaan hand-aan-hand met selektiewe gehoor en rooskleurige brilletjies, want die mannetjie kan mos niks verkeerd doen of sê nie.. Ongelukkig ontwikkel mens ook tonnel-visie: "Eyes on the prize!"
Dit beteken natuurlik dat al die ander 'plebs' om jou in skadu gedompel word. Dit sluit in al die potensiele poets, rockstars en speedo models (weereens oordeel ek nie) wat jy op trap om by jou prins op die pedestal te kom.
Miskien moet mens dalk volgende keer bietjie die scenic route vat?
Want volgens statistiek gaan jou 'object of desire' in elk geval gevat, gay of fictional wees..

No comments:
Post a Comment