Thursday, June 14, 2012

Wegkruipertjie


Ons is so mooi vir my,
soos 'n sprokie: jy is Will en ek Kate.
     Maar vir jou is ek nie sy.
Miskien kort dit nog net 'n bietjie tyd.

Ek kruip weg, maar jy soek my nie.

Ons sit en luister Coldplay.
My hand kruip nader aan joune, hoop.
Maar skielik is die oomblik, en Paradise, verby.
'n R200-noot sou nie eers jou aandag koop.

Ek kruip weg, maar jy soek my nie.

Met jou gedagtes alewig op Nina..of Nancy(?)
besef ek vriende is al wat ons ooit gaan wees.

So ek skryf maar vir jou 'n gedig, niks fancy
al weet ek jy dit nooit gaan lees.


Ek kruip weg, want jy soek my nie.