Hoekom is mens altyd so bang om te sê: "Hi", "Jy't mooi oë" of "Wat's jou naam?" ?!
Ek is amper, maar definitief, 100% seker dat daar nog nooit op iemand se doodsertifikaat gestaan het: "Cause of death - Struck down after interaction with stranger."
Ek raai jou aan, nay, DARE jou om volgende keer jou trots te sluk en vir daai ou of meisie te gaan sê hulle is *bevange (*of enige ander kompliment, hier is waar jy jou kreatiwiteit kan laat gaan!)
Mens kan nie help om te wonder hoeveel potensiële ridders, rockers of rhymers jy al deur jou vingers laat glip het nie? En dit net omdat hierdie klein stemmetjie heeltyd skree:
"Moenie, jy gaan jou naam gat maak" / "Play it cool" / "Hy gaan net dink jy's weird" / "Gmph.. who are you kidding?" en voordat jy daai stemmetjie kan bydam met 'n stuk masking tape, is die oomblik; die oukie en kans verby.
Wel vriende, nie weer nie.. al moet ek nou my naam legally gaan verander na 'Gat' toe!


